Elana Buitendag (Bruid) - Troue Junie 2017

Almal het net komplimente oor jul gegee. Weereens baie baie dankie!

Carel de Beer - Verjaarsdagfunksie Junie 2017

Net 'n dankie sê vir die wonderlike musiek wat jul verskaf het. Ek het baie komplimente van my gaste gehad ten opsigte van jul musiek. Mag jul van krag tot krag gaan in die toekoms en plesier vir baie meer mense verskaf.

Faith Mabanga (Woolworths) - Opening of new Woolworths Store April 2017

Your music was fantastic, thank you so much!

Pieter van der Walt (Pa van bruid) - Troue April 2017

Baie dankie Pierré en jou mede musikante om Emile en Isabel se troue te help spesiaal maak! Julle was uitstekend!

Marié Heystek (Ma van bruid) - Troue April 2017

Vreeslik dankie. Die musiek was pragtig ek waardeer dit so baie!! Waar ons aangetrek en fotos geneem het kon ek die musiek hoor en dit was pragtig. My Ma het ook gesê jy het al haar favourites gespeel.

Jaco Allers - Troue November 2016

'n Paar mense het julle musikale lof besing, dankie!

Theuns Botha - 70ste Verjaarsdagfunksie Oktober 2016

Ons was baie tevrede met jul spel en het baie goeie kommentaar van verskeie persone ontvang.

Pietra Mathee (Ma van bruid) - Troue September 2016

Liewe Pierré. Hoe sê ek dankie vir julle ongelooflike bydrae om Dolf en Julise se troue so so spesiaal te gemaak het!!! Julle Musiek het die hele kerkdiens gemaak!! Ek bid vir julle net sukses en voorspoed toe!!! Weereens so so dankie!!! Liefde Pietra

Rone de Klerk (bruid) - Troue Junie 2016

Beste Pierré. Baie dankie vir jul pragtige musiek by ons troue, dit was gorgeous en almal het ons gekomplimenteer daarvoor. Wil net vir jul dankie sê vir 'n uitstekende dag. Sal jul enige tyd aanbeveel. Groete Rone

Amour Kluever, Voorsitter van Damesklub (Boksburg) - Funksie op Nasionale Vrouedag Augustus 2014

Baie, dankie, ons het jul optrede Saterdag terdeë geniet! Ek het positiewe terugvoer oor die oggend gehad, jul musiek het regtig 'n wonderlike kuier atmosfeer geskep. Baie dankie weereens! 

Francois du Toit (Pa van bruid) - Troue Augustus 2014

Meer as 100% tevrede, baie dankie! Ek het baie mense gevra en hulle het gesê dit was regtig mooi. Baie dankie ook aan jou mense wat saam met jou gespeel het.

 Sumarie Malan, Deloitte (Pretoria) - Deloitte Privaat Funksie November 2013

"Julle het pragtig gespeel, baie dankie!"

Carlien (ma van bruid) - Troue Oktober 2013

"Weereens baie dankie vir die mooi musiek by Bronwyn en Marco se troue. Die gaste het almal gepraat oor hoe mooi die musiek in die woud was en ook na die diens. Marco het ook baie van die lied gehou wat julle gespeel het toe hy ingestap het. Die troue het verder baie goed afgeloop en die gaste het elke oomblik geniet. Die gaste het amper almal tot na 12 uur daar gebly en 'n klompie tot so 4 uur. Alles was perfek en julle musiek het baie bygedra."

Maree (bride) - Wedding September 2013

Thank you and your team so much for playing on our big day. It was utterly beautiful!

Nic & Bozenia - Troue Augustus 2013

"Ek wil net graag vreeslik baie dankie sê namens myself en Bozenia dat julle ons dag so spesiaal vir ons gemaak het - die musiek was pragtig en dit wat ons gehoor het tydens skemerkelkies was sommer nog beter :-)
Baie dankie vir jou en die res van die FlautoConcorda span wat spesiaal vir ons uitgekom het - ons waardeer dit baie.
Baie liefde en groete"

Ilse (bruid) - Troue Oktober 2012

"Duisende dankies Pierre vir die mooiste musiek. Dit was pragtig. Dankie!"

Rozanne (bride) - Wedding September 2012

"I just wanted to extend a heartfelt thank you for the lovely music you all provided on our special day.  I can't wait for the video so that I can have a (proper) listen! Christoff will attest on my behalf that the music before the ceremony was appreciated and praised by all.  In my opinion it truly added a touch of class and romance to the day, and it was perfect for the setting.  Many of our guests complimented the music choice, especially Christoff's Father, who is quite a classical music enthusiast, and a opera singer many moons ago!"

Inge (bruid) - Troue Julie 2012
"Die musiek was perfek gewees! Baie Dankie!!
Ek sal defnitief in die toekoms weer van julle gebruik maak as ek funksies reël." 

Awie & Adrie Bosman (Bruidegom & Bruid) - Troue Mei 2012

"Ons wil net graag weereens dankie sê vir die pragtige musiek wat julle op ons troue gespeel het asook julle vriendelikheid en professionaliteit.  Almal met wie ons gepraat het na die troue het vertel hoe mooi julle gespeel het."